Evangelie volgens Tomas

Die Evangelie volgens Tomas is 'n versameling van gesegdes en uitsprake wat aan Jesus van Nasaret toegeskryf word, kort samesprake en tonele wat in 'n uitspraak van Jesus kulmineer. Dit bevat 'n aantal ooreenkomste met uitsprake wat in die krities-geskiedkundige navorsing oor die Nuwe Testament aan die sogenaamde bron "Q" toegeskryf word, maar geen verhale oor die lyde en opstanding van Jesus nie.

Die teks word derhalwe in letterkundige opsig nie by die evangelies gereken nie. Die Evangelie van Tomas maak ook nie deel uit van die kanonieke boeke van die Nuwe Testament nie. Sy Koptiese teks bevat 'n selfstandige teologie wat nog uitsluitlik uit die Nuwe Testament nog uit die Gnostisisme afgelei kan word nie. Sy herkoms is omstrede aangesien die teks naas bekende Jesus-woorde uit die Nuwe Testament ook onbekende uitsprake bevat. As 'n sogenaamde deuterokanonieke skrif word die teks by sommige huidige Bybel-uitgawes gevoeg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search